ABOUT
JONK KERK
JONKkerk is ‘n hulpbron hub wat sinvolle bedienings tools vir jou beskikbaar stel. Ons probeer nie om iets te verkoop of om alle vorme van programme ens. self te skep nie, maar eerder net om jou te help soek na iets wat jou kan help in die bediening. Alle hulpbronne word, sover moontlik, beoordeel deur leiers wat dit reeds gebruik het sodat jy kan sien hoe dit vir hulle werk. Indien jy weet van nog materiaal wat sinvol is kan jy ons gerus kontak. Ons aanvaar geen verantwoordelikheid vir die opinie van mense wat die produkte beoordeel nie en ontvang geen vergoeding vir die plaas van enige hulpbron nie.
JONK is die netwerk van jeug bediening van die Vrystaatse sinode. Ons is ‘n groep mense wat:
  • ‘n hart het vir God se beweging in jong mense se lewens.
  • werk om jeug leiers se bedienings te ondersteun.
  • ‘n passie vir lewendige, sinvolle bedienings.

Pin It on Pinterest

Share This