Francois Lamprecht
Ek is tans predikant in Pellissier gemeente in Bloemfontein. Ek werk sedert 1997 in jeug en musiek bediening en het ‘n passie vir sang en musiek as deel van ons geloofslewe. Na byna 20 jaar in die bediening span ek my in om saam met jongmense te bedien in God se koninkryk en om musiek bedienings te help fokus en verfyn aan die kuns van worship in die erediens. Ek is in bediening want daarsonder sal my lewe uitmekaar val en ander mense sal sien wat ek is sonder God- ek dien Hom want ek het dit nodig…nie omdat Hy my nodig het nie. Ek het ‘n vrot verlede en ‘n mooi toekoms, ‘n interessante hier en nou en ‘n familie wat my liefhet ten spyte van my. Nie almal hou van my nie- ek sal eerder staan vir wat ek glo en jammer sê as ek verkeerd was as om jammer te sê vir wat ek glo en te staan vir nonsens. Ek wil altyd ‘n fight pick vir jong gelowiges se kans om hulself te ontdek in God se oë, ek wil altyd weer ‘n worship hou wat my hart breek en ek wil altyd graag vry wees van die gemors wat ons soms van onsself maak.

francois@ngkerkpellissier.co.za

Johan Visser
Ek is ‘n Leraar by Woodland Hills Gemeenskapskerk in Bloemfontein.
Ek is passievol oor gesinsbediening en skep graag ruimtes waar jongmense hul geloofs-identiteit kan ontwikkel.
Gemeenskapsontwikkeling is vir my baie na aan die hart en my leuse is #LeefAnders.
Verder geniet ek musiek maak, sodat gelowiges kan aanhou dans, speel, lag en rus in God se genade.

dsjohanvisser@gmail.com

Anneri du Toit
Hi daar! Ek is Anneri, ‘n dominee, ‘n dissipel, ‘n ma, JONK, ‘n suster, ‘n dogter, ‘n vriendin, iemand wat droom oor God se plan.  Ek is passievol oor die kerk, die Woord van God, die hart van God, die mense van God.  Ek is geroep, ek is gestuurd en dan is ek ook op hierdie webblad se bio

curiouschrstn@gmail.com

Christo Nel
Ek is dominee by Moedergemeente Riebeeckstad. Getroud met my eie mooi vrou, Hannetjie en het twee dogters – Engeli 18 en Marlize 16.

My opdrag in die gemeente saam met normale gemeente verpligtinge is die ontwikkeling van ‘n gemeenskaps gerigte jeugbediening.

Ek is mal oor tieners en kinders en geniet dit om met beide groepe te werk! Mal oor Poppe en as ek vir ”Vrugte” aan my hand sit kry ek ‘n persoonlikheids verandering……

Ek geniet elke oomblik van my werk met tieners.

Ons het mooi ente beweeg met ‘n multikulturele laerskool bediening en stadig maar seker begin die hoërskool goed ook in plek val!

 

Voel vir my ek sal my hele lewe lank met kinders en tieners kan werk!

soekie@lantic.net

Nico van der Walt
John Matthews
Joe Muller

9 + 13 =

Pin It on Pinterest

Share This