Jonk Kerk vir ons Jeug

Loading Events

« All Events

  • This event has passed.

Jongres 2019 – GRATIS vir hoërskool leerders! Studente – R150 en volwassenes R250

15 March @ 3:00 PM - 16 March @ 5:00 PM

Jongres 2019

15-16 Maart 2019

Jonk Vrystaat se Jongres 2019 is waar Vrystaatse jong gelowiges hulle sê in die kerk kry. Kom praat, worship en droom saam met God se huisgesin. Kom deel jou hart in ons gesprekke en help die dak lig met worship!

Hierdie jaar se Jongres gaan oor ons seksualiteit! Hoe help die kerk ons daarmee? Hoe praat ons daaroor? Wat sê die Bybel regtig oor verhoudings, seks en die uitleef van ons seksualiteit. Ons gaan saam lag (BAIE!) en saam huil. Meer nog…ons gaan saam droom oor hoe ons beter kan doen as kerk om jongmense regtig te help en te lei om God se hart ook vir ons seksualiteit te hoor.

Bywoning is gratis vir hoërskool leerders! Studente betaal R150 en volwassenes R250. Dit sluit etes vir Vrydagaand en Saterdagmiddag in!

Registrasie is noodsaaklik vir almal! As jy nie boek nie, kan jy nie kom nie! Inskrywings sluit Vrydag 8 Maart.

Plek is beperk so bespreek so gou as moontlik joune!

Registrasie is Vrydag 15:00 en ons sluit af Saterdag 17:00.

VBO punte vir predikante: 15

 

Inskrywingsvorm

Baie welkom by die JONK VS Jeugkongres 2019. Ons is opgewonde oor jou navrae en die entoesiasme wat jy saam met die
JONK Span hierin deel.

Indien julle sou belangstel om te kom, vul gerus die kort blokkie hieronder in om jul plekke te bespreek en te bevestig. Julle is meer as welkom om nog mense te stuur. Ons venue kan ongelukkig maksimum net 180 persone akkommodeer so bespreek gou om jul plek te bevestig.

Jongres 2019

6 + 10 =

Details

Start:
15 March @ 3:00 PM
End:
16 March @ 5:00 PM
Event Category:
Event Tags:
, ,

Submit a Comment

Jonk Signup info

Pin It on Pinterest