

BYBELMEDIA
EFFECTIVE PARENTING IN A DEFECTIVE WORLD – CHIP INGRAM.
IMMERGROEN OUERSKAP
Immergroen Ouerskap het al meer as 5 000 ouers deur die kursusse begelei en ongeveer 30 000 ouers en onderwysers tydens praatjies oor gesag, dissipline en temperament toegerus. Die webwerf (www.immergroenouerskap.co.za) en Facebookblad (Evergreen Parenting – Creative Christian Parenting) bied wenke, artikels, ’n forum vir vrae en advertensies van geleenthede vir die publiek om praatjies of kursusse by te woon. Ouers kan ook via die webwerf hulle naaste kursusaanbieding opspoor en daarvoor inskryf.Stuur iemand in gesinsbediening om opgelei te word (gemeentewerkers ontvang 50% afslag op hulle opleiding in vergelyking met mense wat die kursus buite gemeenteverband wil aanbied).
Lees Meer
Gebruik die meetinstrumente en slypskole van Tall Trees-profiele om groter begrip vir mekaar te kweek.
Borg ouers wat nie ’n kursus kan bekostig nie, maar die hulp nodig het om hulle gesin te genees.
Immergroen se roepingsteks is Titus 2. Ons passie is om die toerusting in die vorm van leiers in elke dorp en stad in ons land te plaas, omdat daar oral gesinne in nood is. Gemeentes is die vennote met wie ons die graagste hande vat.