SELA – Musiek Bedienings Kamp
SELA – Musiek Bedienings Kamp

“SELA” is ‘n term wat in die Psalms gebruik word, maar niemand weet verseker wat dit beteken nie. Een teorie is dat dit ‘n musikale notasie is wat n breek in die musiek voorstel sodat die wat sing eers kan dink oor wat hulle gesing het.

Lees Meer
Dit is wat ons met hierdie naweek doen- ons gaan dink oor waarom ons musiek bedienings in die kerk het, waarom ons sing en hoe ons dit deel maak van die erediens.
Enige kerk is welkom om hul musiek bedieningspan te stuur om deel te neem aan die werkswinkels, lesings en aanbiddings geleenthede. Die doel is om musiek spanne op te lei en te versterk om hul beste te kan gee in die gemeentes waar hul bedien.

Datum: 17- 19 Februarie 2017

Plek: Retief Kampterrein, Maselspoort, Bloemfontein

Kostes: R 450 per persoon

Kontak: Francois Lamprecht francois@ngkerkpellissier.co.za

Pin It on Pinterest

Share This