LESOTHO UITREIKE

Ons soek jeug om 3keer per jaar saam met ons uit te reik na die gemeenskappe van Lesotho. Hierdie uitreike vind plaas in samewerking met die organisasie Africa4Jesus en daar word direk met sendelinge in Lesotho gewerk.  Enige gemeente is welkom om by hierdie uitreik in te skakel, of om jeug te stuur. Kontak Pieter Koornhof by 083 255 6257 vir meer info.

MIA UITREIKE

Kom join MIA (Missions in Africa) se jaarlike uitreik na 19 lande suid van die ewenaar.  Almal met een mission!  Ons is opsoek na jeug en jeugwerkers om deel te word.  Ons is ‘n nuwe generasie wat opstaan vir die Waarheid!  Indien julle belangstel maak vandag nog kontak met Natasha ten Kroonden, bekkie911@hotmail.com.

MERINO UITREIK

Hierdie uitreik fokus op die gemeenskappe in informele nedersettings by Thaba N’chu, Bloemfontein.  Ons kuier en eet saam met die gemeenskap en bou verhoudings.  Die uitreik beoog ook om in 2017 sanitasie geriewe aan te bou.  Indien julle as gemeente belangstel om deel te wees van hierdie projek, of as julle ‘n jeugspan het wat graag deel wou wees, gesels met Nico Mostert by 0845604671 of nicom@absamail.co.za.

STRANDDIENS PORT ALFRED

Kom wees deel van ‘n unieke jaarlikse Desember uitreik na Port Alfred waar jy as jongmens kan uitreik na mense om hulle van Jesus te vertel. Let wel dat daar ongelukkig nie in 2016 ‘n span sal wees nie, maar wel in 2017.  Die beplanning daarvoor begin alreeds vroeg volgende jaar.  Werk saam met ‘n fun span en bou verhoudinge wat ‘n leeftyd sal hou. Kontak Nico van der Walt @ dsnico@ngkerkheuwelsig.co.za of besoek ons website by www.ngkerkheuwelsig.co.za

Pin It on Pinterest

Share This